Bynaam | (ko) Taegukgi/Taegeukgi |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 27 Januarie 1883[1] |
Ontwerp | ’n Enkele wit baan met ’n rooi-en-blou taeguk in die middel en ’n trigram gaande na elke hoek. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 2:3 |
Ontwerp | In die skildhoek ’n wit reghoek met die taeguk waaragter twee ankers gekruis is op ’n blou vaandel. |
Die nasionale vlag van Suid-Korea is op 15 Augustus 1948 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele wit baan met ’n rooi-en-blou taeguk (’n simbool wat balans voorstel) in die middel en ’n trigram gaande na elke hoek van die vlag. Die Koreaanse naam van die vlag is Taegeukgi (of Taegukgi, Koreaans: 태극기; letterlik: “taegeuk-vlag”).
Vlae soortgelyk aan die huidige Taegeukgi is as die nasionale vlag van Korea deur die Joseondinastie, die Koreaanse Keiserryk, asook die Koreaanse regering in ballingskap tydens die Japannese heerskap gebruik. Toe Suid-Korea op 15 Augustus 1945 van Japan onafhanklikheid verkry het, het dit die Taegeukgi as sy nasionale vlag in gebruik geneem.